Young Guns vs Old Dogs
Het jy al ooit deelgeneem aan ‘n NAG en DAG se skiet om te bepaal wie van die jonger of ouer garde die beste skuts in die Noordwes is?
Nou dan nooi die jonger manne van die Hartbeestak jou hartlik uit na die:
“Young Guns vs. Old Dogs” skietkompetisie
DATUM: Vrydag 24 Oktober 2014 tot Saterdag die 25de Oktober 2014
WAAR: Syferfontein Skietbaan, die tuiste van die Hartbeestak
GPS: S26 42.828 E27 19.136
TYD: Inskrywings begin om 17h00 Vrydag middag en eerste skote sal klap sodra dit donker word en Saterdag oggend vanaf 8h00.
Inskrywings moet asb gedoen word op die Hartbeestak webtuiste voor of op 22 Oktober 2014 om span plasings te kan finaliseer.

KOSTES: Deelnemers benodig R50 per persoon om in te skryf op die dag en die kostes sal as volg aangewend word:
- R1.50 per rondte (18) om die “Old Dogs” wat deelneem op ‘n kursus te stuur om hulle akkuraatheid te probeer verbeter
- R1.00 per rondte om die “Young Guns” te inspireer om volgende jaar weer die trofee in te palm en
- R5 vir jou fowler om die as te verwyder van die hout wat uitgebrand gaan word rondom die braaivleis en kuier vure
NEEM ASB KENNIS:
Almal wat wil deelneem word uitgenooi om saam met ons te kom uitkamp vir die monumentele gebeurtenis, Vrydagaand na afloop van die NAG skiet.
Bring jou tent, matras, slaapsak, kussing, skoon klere, stortgoed, skietgoed, braaigoed en drinkgoed.
Daar gaan GESKIET word, GEBRAAI word, en GEKUIER word!
** Let Wel: Geen drank gebruik toegelaat voor of tydens kompetisie, eers na afhanding van die kompetisie sal drank gebruik toegelaat word en slegs tot 12uur (middernag).
Skietoefeninge word gebasseer op SAJWV se takskiet tabelle maar met die alledaagse uitdagings wat die veld vir jou gee op ‘n gereelde basis…
Pryse vir die vogende katogoriee sal uitgedeel word:
- Die “gesogte” Span wenners; (die Old Dogs verdedig hulle titel)
- Algehele Wenners;
- Eerste plek;
- Tweede plek;
- Derde plek;
- Langste DAG;
- Langste NAG
- Mamparra van die naweek

Vir verdere inligting skakel Phillip Venter by 072 422 1892 of Stefan Conradie by 083 609 7426