You are here:   HomeSkiet SakeUitslaeKalender
Print

Young Guns vs Old Dogs

Het jy al ooit deelgeneem aan ‘n NAG en DAG se skiet om te bepaal wie van die jonger of ouer garde die beste skuts in die Noordwes is?
Nou dan nooi die jonger manne van die Hartbeestak jou hartlik uit na die:

“Young Guns vs. Old Dogs” skietkompetisie

DATUM: Vrydag 24 Oktober 2014 tot Saterdag die 25de Oktober 2014
WAAR: Syferfontein Skietbaan, die tuiste van die Hartbeestak
GPS: S26 42.828 E27 19.136
TYD: Inskrywings begin om 17h00 Vrydag middag en eerste skote sal klap sodra dit donker word en Saterdag oggend vanaf 8h00.

Inskrywings moet asb gedoen word op die Hartbeestak webtuiste voor of op 22 Oktober 2014 om span plasings te kan finaliseer.
skryfin-enter

KOSTES: Deelnemers benodig R50 per persoon om in te skryf op die dag en die kostes sal as volg aangewend word:

  • R1.50 per rondte (18) om die “Old Dogs” wat deelneem op ‘n kursus te stuur om hulle akkuraatheid te probeer verbeter
  • R1.00 per rondte om die “Young Guns” te inspireer om volgende jaar weer die trofee in te palm en
  • R5 vir jou fowler om die as te verwyder van die hout wat uitgebrand gaan word rondom die braaivleis en kuier vure


NEEM ASB KENNIS:

Almal wat wil deelneem word uitgenooi om saam met ons te kom uitkamp vir die monumentele gebeurtenis, Vrydagaand na afloop van die NAG skiet.
Bring jou tent, matras, slaapsak, kussing, skoon klere, stortgoed, skietgoed, braaigoed en drinkgoed.

Daar gaan GESKIET word, GEBRAAI word, en GEKUIER word!
** Let Wel: Geen drank gebruik toegelaat voor of tydens kompetisie, eers na afhanding van die kompetisie sal drank gebruik toegelaat word en slegs tot 12uur (middernag).

Skietoefeninge word gebasseer op SAJWV se takskiet tabelle maar met die alledaagse uitdagings wat die veld vir jou gee op ‘n gereelde basis…

Pryse vir die vogende katogoriee sal uitgedeel word:

  • Die “gesogte” Span wenners; (die Old Dogs verdedig hulle titel)
  • Algehele Wenners;
    • Eerste plek;
    • Tweede plek;
    • Derde plek;
  • Langste DAG;
  • Langste NAG
  • Mamparra van die naweek

skryfin-enter

Vir verdere inligting skakel Phillip Venter by 072 422 1892 of Stefan Conradie by 083 609 7426

 
Print

Hartbeestak bied weer die PMP Groeperingskiet aan

hartbees     pmp

Hartbeestak op Potchefstroom bied weer die jaar die PMP groeperingskiet aan.

DATUM: Saterdag die 13de September 2014

WAAR: Syferfontein, die tuiste van die Hartbeestak

GPS: S26 42.828 E27 19.136

TYD: Inskrywings begin om 07:00 en eerste skote om 08:00

KOSTES: Daar word 2 teikens per geleentheid gebruik en die koste is R140.00 vir 2 teikens. Jy kan inskryf vir soveel tabelle as jy wil. Let wel: Alleenlik 2 x teikens word op 'n slag geskiet. Geen enkel teikens kan ingeskryf word nie.

 

LET WEL: Daar sal geen vooraf inskrywings gedoen word nie, slegs inskrywings die dag van die skiet.

 

Ons gaan op twee bane gelyktydig skiet en hoop om nie later as 16:00 met die prysuitdeling te begin. PMP reëls en regulasies is van toepassing. Die normale PMP pryse in elke kaliber afdeling sal daar wees asook groot pryse vanaf die Hartbeestak vir die volgende:

  • Algehele Wenner;
  • Mans Wenner;
  • Dames Wenner;
  • Junior Seuns Wenner;
  • Junior Meisies Wenner;
  • 2de, 3de & 4de plekke algeheel;
  • Algehele Wenner Seniors
 
Print

Golf Day

golf day ad

 
Print

Young Guns vs Old Dogs - Inskrywing

Inskrywings moet asb gedoen word voor of op 22 Oktober 2014 om span plasings te kan finaliseer.

Naam & Van: *
SAJWV Lidnommer: *
ID Nommer: *
Selfoon Nommer: *
Epos: *
Woord Verifikasie:

 
Print

Droom Jag Te Wen

PRYS:

  • 1 x Koedoebul
  • 1 x Blouwildebees
  • 1 x Blouwildebees Koei
  • 1 x Rooibokram
  • 1 x Vlakvark Beer
  • Jag moet plaasvind vanaf Donderdag 20 Augustus tot Sondag 23 Augustus 2015.
  • Geen ander datums is beskikbaar nie.
  • PH is beskikbaar.
  • Jagplaas is 10km vanaf Northam op Thabazimbi pad.
  • Akkommodasie vir vier ( 4 ) persone vir 4 dae en drie ( 3 ) nagte.
  • Gids daagliks vir jagter wat prys gewen het.
  • Slag van wild vir wenner.
  • Jag voertuig vir vier ( 4 ) dae.
  • Huishulp vir vier ( 4 ) dae vir jagters huis.
  • Vuurmaak hout.
  • DSTV
  • Jagtershuis, slaap 18 mense en is ultra modern.
   

Reëls:

  1. Trekking vind plaas op Dinsdag 11 Augustus om 19:00 by Potch Dorp Rugby Klub. Wenner hoef nie by die trekking te wees nie.
  2. Trekking is finaal en pryse is nie onderhandelbaar nie en is ook nie oordraagbaar na volgende seisoen nie.
  3. Sluitings datum vir kaartjie verkope is Vrydag 7 Augustus 2015.
  4. Wenner se naam word bekend gemaak op die dag van die trekking.
  5. Wenner kan drie van sy gesin saam neem of drie vriende. Enige ander persone kan ook genooi word maar sal dagfooie ens moet betaal soos deur plaaseienaar bepaal word.
  6. As wenner se vriende wil jag, moet hulle onderhandel met plaaseienaar oor daaglikse jagfooi en gids fooie wat op dag van aankoms betaal moet word.
  7. Indien wenner nie sy kwota geskiet kry nie sal oorblywende wild nie oorstaan na 'n ander geleentheid nie.
  8. Wenner kan met plaaseienaar onderhandel dat van sy vriende moontlik kan help om sy kwota geskiet te kry.
  9. Alle beslissings op japlaas is finaal deur plaaseienaar
  10. Plaaseienaar se kontak nommers sal aan wenner verskaf word na trekking.
  11. Alle voedsel en ander verversings moet self voorsien word.
  12. 'n Stel jag reëls sal op die plaas aan al die persone oorhanding word wanneer hulle arriveer en moet dan ook onderteken word deur jagters en nie jagters.
   
Vir verdere inligting en kaartjie verkope skakel Andre Olivier by 082 568 1508 | Kaartjie kostes beloop R200.