Print

Baanfooi betaling en Hek toegang

  1. Suid Afrikaanse Jagters & Wildbewarings Vereniging (SAJWV) ledegeld
    SAJWV lede van die Hartbees tak wat toegang tot die Syferfontein skietbaan wil bekom, moet seker maak dat hul jaarlikse SAJWV ledegeld op datum is om te kwalifiseer vir hektoegang tot die skietbaan gedurende die periode 1 Feb 2024 tot 31 Jan 2025.

    Indien SAJWV ledegelde agterstallig is moet u asb na http://www.sahunters.co.za/ gaan om die nodige inligting te bekom om sodoende ledegeld op datum te bring. Inligting is beskikbaar in die “lidmaatskap” afdeling (http://www.sahunters.co.za/index.php/membership-lidmaatskap) van die boonste seksie op die webtuiste.
  2. Hartbees tak baanfooie
    Baanfooi vir 2024 beloop R500.00 vir gewone lede en R400.00 vir senior lede (bo 65 jaar)
    Betalings word gemaak deur elektronies in die tak se rekening in te betaal
    Rek Houer: HARTBEES TAK
    Bank: ABSA
    Tak: 632005
    Rek Nr: 4061673010
    Gebruik asb die volgende verwysing: “Baanfooi 2024” & u SAJWV lidnommer
  3. Bewys van betaling
    Stuur asb betalings bewys na Christi Bester (bester.christi@gmail.com) met die volgende inligting:
    Voorletters
    Van
    SAJWV Lidnommer
    Epos adres
    Selfoon nommer

    Sodra alle inligting ontvang en verwerk is sal u per sms in kennis gestel word dat u baanfooi betaal is, asook die telefoon nommer wat geskakel of ge-sms moet word vir hektoegang tot die skietbaan.

  4. Hartbeestak Webtuiste registrasie
    Ons wil ‘n beroep op u doen om in die tussen tyd op ons webtuiste(http://www.hartbees.co.za/registreer-vir-web) te gaan registreer.Deur daar te registreer is u verseker om elke maand se taknuus teontvang via e-pos en ook sms'e wat u in kennis gaan stel vanvergaderings, aktiwiteite en opleidings geleenthede gedurende diejaar.

  5. Die baan en fasiliteite is nie beskikbaar op Sondae nie.